Die EFF se versoek dat Suid-Afrika alle bande met Israel verbreek, plaas die regering in ʼn moeilike situasie, sê die VF Plus se Dr Corné Mulder. Suid-Afrika se parlement moet aanstaande Dinsdag oor voortgesette bande met Israel stem en kan gerus eers die volgende in ag neem. Mulder het in ‘n verklaring gesê indien Suid-Afrika alle diplomatieke bande met Israel breek, sal die land nie meer in ʼn posisie wees om enige rol hoegenaamd in die bemiddelingsproses te speel nie. Dit is interessant om daarop te let dat nie ʼn enkele Arabiese land tot nou toe sy bande met Israel verbreek het nie. Dit sluit in lande soos Egipte, Jordanië, Marokko en die VAE, het Mulder gesê. Die realiteit is dat Israel nie afhanklik is van sy verhouding met Suid-Afrika nie en dat Suid-Afrika veel meer baat kan vind deur voortgesette verhoudinge tussen die twee lande.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×