VF+ sê rioolvuil besoedel Bloemfontein spruite

VF Plus-raadslid van die Mangaung Metro, Adriaan de Bruyn, sê Bloemfontein se afloopwater is vol rioolvuil, wat die Bloemspruit en Renosterspruit, wat vloei na die Modderrivier en dan na die Krugersdriftdam, wat water voorsien aan Soutpan en Ikgomotseng, besoedel.

De Bruyn sê hy het die afloop water in ‘n laboratorium laat toets.

Die toetsuitslae wys dat die E.coli-vlak in die Renosterspruit en Bloemspruit meer as 24 200 eenhede per 100ml is en dat die Fekale Koliforme ook die duisend eenhede per 100ml oorskry.

Netwerk24 berig dat die water wat aan Soutpan en Ikgomotseng gelewer word, nie voldoen aan die voorgeskrewe standaarde vir menslike gebruik nie.

Dit kom nadat toetse gewys het die Koliforme by Soutpan 22 eenhede per 100ml is.

Die voorgestelde regulasie bepaal dat dit minder as 10 eenhede per 100ml moet wees.

Luister na potgooie hieronder