Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mablula, het gevra vir die skorsing van ‘n burgemeester wat ‘n inwoner in die Vrystaat geskel het. Die Kopanong-munisipaliteit se burgemeester, Xolani Tseletsele, het die inwoner gekonfronteer wat na bewering op sosiale media gekla het oor die slegte toestand van die paaie. ’n Video van Tseletsele wat die inwoner aanvat, is wyd op sosiale media gedeel. Mbalula sê hy is gewalg deur die burgemeester se gedrag. Hy het gevra dat daar onmiddellik opgetree word teen die burgemeester.