Volgens die Nasionale Raad van DBV’s (NSBV) is daar ‘n kommerwekkende toename in video’s van dieremishandeling op sosialemediaplatforms.

Volgens IOL het die toename daartoe gelei dat inspekteurs nou aansienlike tyd en hulpbronne bestee om hierdie video’s se oorsprong op te spoor en te ondersoek.

‘n Man wat na homself as die “Koning van Krokodille” verwys, is verlede week in hegtenis geneem nadat ‘n video wys hoe hy ‘n nylkorokodil martel.

Vroeër die maand het video’s van ‘n Chacma-bobbejaan genaamd Raygun wat wreed vermoor word, op TikTok die rondte gedoen.

Verlede maand het die NDBV kriminele klagte teen ‘n man aanhangig gemaak omdat hy alkohol in die mond van ‘n gewone karp gegooi het, en daar word tans ‘n voorval ondersoek waar ‘n sebra wreed vermoor word terwyl hy in ‘n draadheining verstrengel is.

error: Inhoud is beskerm !!