Die streekhof in Oos-Londen het gister beeldmateriaal gesien van ‘n voorval in 2018 toe die EFF-leier, Julius Malema, na bewering ‘n outomatiese aanvalsgeweer tydens ‘n EFF-saamtrek afgevuur het.
Landdros Twanet Olivier het Maandag vorige regspraak gebruik as bewys vir waarom dié video’s as bewysstukke toegelaat moet word.
Dít volg nadat Malema se regspan die geldigheid van die beeldmateriaal betwis het.
Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig Malema staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en drie aanklagte van die oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens.
AfriForum het die klagte reeds in 2018 teen Malema aanhangig gemaak.
Die verhoor duur voort.