Minstens vier burgerlikes is dood toe ‘n woonstelblok in die westelike Oekraïense stad, Lviv, deur ‘n Russiese missielaanval aan flarde geruk is.
Die aanval volg op waarskuwings dat talle missiele die Oekraïense lugruim binnegekom het.
Lviv se burgemeester het bevestig ‘n reeks ontploffings in die stad is aangemeld.
Reuters berig nooddienstewerkers soek steeds na mense wat moontlik in die puin vasgekeer kan wees.