Vier beseerde mans het in ‘n hof in Rusland verskyn in verband met Vrydagaand se aanval by ‘n konsertsaal buite Moskou. AFP berig die dodetal staan tans op 137. Drie van die mans is gister geblinddoek by die Basmanny-distrikshof in Moskou ingeboender en ‘n vierde in ‘n rolstoel binnegestoot.

Die vier verdagtes word deur lewenslange tronkstraf in die gesig gestaar. Twee van die verdagtes, waarvan een ‘n burger van Tadjikstan, het skuld beken. Die mans bly in aanhouding tot minstens 22 Mei waarna ‘n verhoordatum bepaal sal word. Intussen is nog sewe ander verdagtes in hegtenis geneem wat ook met Vrydagaand se aanval verbind word. Die aanval by ‘n konsertsaal waarin vier aanvallers losgebrand het op konsertgangers en brandbomme gegooi het, word as die dodelikste nog in Rusland in byna twee dekades beskou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×