Vier mans wat beplan het om renosters te stroop in die Reddersburg-distrik, is elk tot vyf-jaar tronkstraf in die Bloemfonteinse streekhof gevonnis. Die vier verdagtes het skuld beken op aanklagte van sameswering om renosters te stroop.

Een van die verdagtes, die 60-jarige Johannes Maluleke, is ook ‘n verdere vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van ‘n jaggeweer waarvan die reeksnommer afgevyl is asook vir die onwettige besit van ammunisie. Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê die polisie het verlede jaar op Erfenisdag inligting ontvang dat ‘n silwer Audi met vier insittendes op die N6-pad ry en in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is. Die polisie het die voertuig deursoek en ook op toerusting afgekom wat verband hou met renosterstropery.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×