Vier mans is in twee afsonderlike voorvalle in Bloemfontein aangekeer vir die diefstal van anti-retrovirale medisyne ter waarde van nagenoeg R125 000.
Die feit dat hierdie medikasie in ieder geval gratis aan MIV-positiewe pasiënte gegee word, wek kommer oor die motief vir die steel hiervan.
Netwerk24 berig die Nasionale Vigsraad het hom ten sterkste teen die diefstal uitgespreek.
Die Vigsraad het ‘n beroep op die Vrystaatse departement van gesondheid gedoen om sy veiligheidsmaatreëls te verskerp, sodat mense met MIV se lewens nie weens ‘n
tekort aan die medisyne bedreig word nie.