Vier mense is dood in ‘n wilde skiettog naby ‘n moskee in Oman. Die Reuters- nuusagentskap meld ‘n gewelddadige oortreding van hierdie aard, is aldus die polisie uiters seldsaam in Oman. Oman word alom bstempel as een van die mees stabiele lande in die Midde-Ooste.
Die Amerikaanse ambassade in die hoofstad Muscat, het gesê hy hou die gebeure dop en dat Amerikaners in Oman waaksaam moet bly, en ag moet slaan op enige instruksies wat kan volg.