Vier mense is doodgeskiet in Tulbagh in die Kaapse Wynland. ‘n Vyfde persoon is gewond. Die polisiewoordvoerder, Andre Traut, sê die liggame van die slagoffers is in ‘n huis aangetref. Hy sê die motief vir die aanval is onbekend. Volgens Traut het die polisie ‘n 72-uur aktiveringsplan in werking gestel om die aanvallers vas te trek. Die oorledenes — almal mans — is tussen 28 en 35 jaar oud. Traut sê die skietvoorval het by ‘n huis in Jooste-straat plaasgevind. Die vyfde slagoffer wat gewond is word in ‘n hospitaal behandel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×