Die Maluti-A-Phofung Spesiale Ekonomiese Sone in die Vrystaat stel oormôre vier nuwe beleggers bekend wat binne die sone gevestig sal word.
Newskoop berig die geleentheid het ten doel om die nuwe beleggings ten toon te stel wat voordelig sal wees vir die mense van die Vrystaat, en veral die gemeenskap van Maluti-A-Phofung wat in die ooste van die Vrystaat geleë is.
In ooreenstemming met die sone se doelwitte, sal hierdie beleggings grootliks bydra tot werkskepping en vaardigheidsontwikkeling.
Die geleentheid word deur die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme ondersteun.