Vier onderwysers word daarvan beskuldig dat hulle geweet het van molestering by skool 30 jaar gelede

 Vier onderwysers word daarvan beskuldig dat hulle geweet het van molestering by skool 30 jaar gelede

In ‘n boek deur Deon Wiggett word vier onderwysers daarvan beskuldig dat hulle geweet het van die molestering van minstens een koshuisleerling by Grey College in Bloemfontein 30 jaar gelede. Netwerk24 berig die onderwyser wat na bewering die seuns gemolesteer het, was Willem Breytenbach, wat later ‘n senior bestuursposisie by Media24 beklee het.  Breytenbach is verlede jaar in hegtenis geneem op aanklagte van seksuele aanranding en verkragting en later op borgtog van R50 000 vrygelaat.  Wiggett beweer hy self is deur Breytenbach verkrag toe hy 17 was, en voer verder in sy boek aan dat Breytenbach by minstens drie skole waar hy skoolgehou het kinders gemolesteer het.  Wiggett identifiseer Johan Volsteedt, die destydse koshuisvader van die senior koshuis, Ingo Machts, wat die koshuisvader was van die junior koshuis en Michau Heyns wat die skoolhoof was, as drie van die vier onderwysers wat van die beweerde aanranding geweet of moes geweet het.

Gerdie Karstens