Vier Oos-Kaapse skole word ondersoek na bewerings van lyfstraf

 Vier Oos-Kaapse skole word ondersoek na bewerings van lyfstraf

Vier Oos-Kaapse skole word tans deur die provinsiale onderwysdepartement ondersoek na bewerings dat leerlinge met kieries en rottangs geslaan word.

Netwerk24 berig dat die betrokke skole in die Amathole-Oos-onderwysdistrik is. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Mali Mtima, het hulle van die beweerde lyfstraf gehoor toe die leerlinge hul stilswye verbreek het en om hulp gevra het.

Die LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, Fundile Gade, sê hy beskou lyfstraf as barbaars. Hy het verder ‘n waarskuwing uitgestuur en gesê enigeen wat aan lyfstraf skuldig bevind word, sal afgedank word en sal nooit weer in Suid-Afrika skoolhou nie.

Gerdie Karstens