Diewe het vier skootrekenaars en stemopnemers oor die naweek uit die kantore van die Vrystaatse vervolgingshoof Navilla Somaru en haar adjunk Sandile Mthethwa in Bloemfontein gesteel. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê daar is wel geen sensitiewe inligting, dossiere of lêers geneem nie. Luidens ‘n verklaring wat gister vrygestel is, word sulke gevalspesifieke inligting veilig in die kantore bewaar. Daar word wel vermoed dat die steel van ‘n kriminele dossier of dossiere die motief agter die inbraak was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×