‘n Ondersoek deur die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie, het aan die lig gebring dat minstens 70 vulstasies in die land, diesel verkoop wat met paraffien afgewater word.
News24, wat die dieselskandaal oopgevlek het, skryf dat die departement die betrokke vulstasies by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aangee, omdat hierdie onwettige praktyk ook belastingontduiking behels.
Layton Beard, woordvoerder van die Automobiel Assosiasie, waarsku die meng van brandstof kan tot groot meganiese probleme lei, aangesien voertuie vir spesifieke brandstofsoorte vervaardig word.
Vier van die vulstasies wat van diesel-afwatering beskuldig word, is in die Vrystaat.