Vier verdagtes verskyn vandag in die landdroshof in Vredenburg in verband met die verdwyning van die 6-jarige Joslin Smith.

Daar is vroeër berig dat Smith moontlik verkoop is aan iemand in die moetie-handel. Die polisie het gister twee vroue en twee mans vir ondervraging ingeneem. Smith het meer as twee weke gelede uit haar ouerhuis in Diazvile in Saldhana verdwyn. Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sal vanoggend se hofverrigtinge bywoon.

Intussen het die LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, weereens ‘n beroep op die publiek gedoen om nie vals nuus oor Smith se verdwyning te versprei nie.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!