Vier verdagtes is vanoggend in ‘n skietgeveg met die polisie in Harding in KwaZulu-Natal, doodgeskiet. Polisie-kolonel Robert Netshiunda sê ‘n sakeman het ‘n onbekende bedrag geld by ‘n bank in ‘n winkelsentrum onttrek. Citizen berig hy is aangerand, en van die geld beroof, toe hy by die bank uitstap.

Die Valke en ander lede van die polisiediens, het gereageer op inligting wat vroeër ontvang is, oor die moontlikheid van ‘n rooftog by die winkelsentrum. Daar is op die polisie losgebrand, in ‘n poging om inhegtenisneming vry te spring. Die polisie het teruggeskiet en vier verdagtes is noodlottig gewond. Die polisie soek na nog vier verdagtes, wat van die misdaadtoneel gevlug het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×