Vier vermeende transito-rowers is gister in Noordwes dood toe hul voertuig, ná ‘n skietgeveg met wetstoepassers, teen ‘n heining gebots het.

Luidens News24 het owerhede die verdagtes se voertuig op die N4-hoofweg agtervolg, voordat hulle deur die vermeende misdadigers opgemerk is.

‘n Top-snelheid-jaagtog en ‘n skietgeveg het gevolg.

Die verdagtes se voertuig het later teen ‘n heining gebots.

Kolonel Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het gesê ‘n gesamentlike wetstoepassingspan, het ‘n wenk opgevolg oor ‘n beplande rooftog op ‘n geldwa tussen Noordwes en Gauteng. Vier van die verdagtes is noodlottig gewond.

Talle ongelisensieerde vuurwapens is op die toneel gevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×