Om die ineenstorting van ‘n vierde opgaardam in die Riverlands-distrik, naby Malmesbury, te voorkom het die departement van water en sanitasie die groen lig vir die konstruksie van ‘n nood-oorloop by die dam, gegee.
Nuusflits berig dat die dam, die hoogste dam in die vallei, geen oorloop het nie en dat die dam strukturele skade opgedoen het.
Dit volg nadat 14 inwoners gehospitaliseer en meer as 400 mense ontruim is toe drie opgaardamme verlede week in die distrik gebars het. Die redes vir die ineenstroting van die damwalle word volgens die departement se woordvoerder ondersoek.