Die 32-jarige Lourentia Lombaard, wat nou die vierde verdagte in die Joslin Smith-saak geword het, staan soos haar medebeskuldigdes, tereg op aanklagte van mensehandel en ontvoering.

Luidens Netwerk24-beriggewing, het die staat vanoggend in die landdroshof op Vredendal laat blyk dat Lombaard by wyse van 'n bekentenis na bewering moontlik by
Joslin se verdwyning betrek kan word. Sy is ma van vier minderjarige kinders, en is ook woonagtig in Middelpos. Lombaard is glo aan Joslin se ma, Kelly Smith, en haar vriend, Boeta Appolis bekend.

Smith en Appolis, asook een van hulle vriende, Steveno van Rhyn, is twee weke gelede in hegtenis geneem. Anders as voorheen, toe massas mense buite die hof saamgedrom het met die verskyning van Kelly en kie, was daar vandag slegs ‘n klein groepie mense voor die hof byeen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×