Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-raad (Sanac) het gesê gesondheidsorgdienste moet spesifiek vir die jeug voorsiening maak. Dit volgens een van die gesprekke tydens die nasionale MIV/vigs konferensie in Durban die week. Sanac het gesê MIV-infeksiesyfers onder meisies en jong vroue tussen die ouderdom van 15 tot 24 jaar is kommerwekkend. Die meerderheid van die infeksies is in Kwazulu-Natal, met meer as eenduisend mense wat weekliks besmet is. Sanac se komiteelid, Mabalane Mfundisi, sê diegene wat jong mense besmet moet vervolg word. Die konferensie duur tot Vrydag.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×