Vinger word gewys na Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, oor beweerde korrupsie van ongeveer R2,3-miljard.
Volgens Sunday Times het Mapisa-Nqakula glo omkoopgeld, in die vorm van geskenkpakkies ontvang, terwyl sy minister van Verdediging en Militêre Veterane was.
Die speaker ontken egter alle bewerings teen haar en hou vol dat sy onskuldig is. Opposisiepartye eis ‘n dringende ondersoek.