Vinnige polisiereaksie het die lewe van ‘n 63-jarige vrou gered. Dit nadat sy volgens Loraine Earle, ‘n polisiewoordvoerder, in ‘n rivier by Namahadi in die Vrystaat beland het.

Lede van die gemeenskap het die polsie ontbied nadat hulle haar in die yskoue water gesien dryf het. Sy het glo terwyl sy die aand gestap het in die water beland. Mediese nooddienspersoneel is ontbied, en die bejaarde vrou is in ‘n stabiele toestand na die Elizabeth Ross-hospitaal vervoer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×