Die munisipale bestuurder van die Mangaung-metro in Bloemfontein, Sello More, het aan Netwerk24 verduidelik dat moordsdreigemente op hul lewens al vir ’n geruime tyd niks nuuts is nie.
Dit is algemeen onder sekere amptenare, soos die gewese hoofbestuurder van water, Luzuko Ntlabezo, wat verlede week sy lewe verloor het in ’n vermoedelike sluipmoordaanval.
LEES MEER: Koëlreen eis lewe van senior Mangaung bestuurder
Volgens More wil hulle nie spekuleer oor wat tot verlede week se voorval gelei het nie, maar hulle is wel bekommerd omdat dit die vierde amptenaar in die Mangaung-metro is wat sedert 2018 vermoedelik vermoor is.
Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle het bevestig dat Ntlabezo se persoonlike assistent, wat saam met hom in die rooi Mazda was, ongedeerd is.
1 Comment
Comments are closed.