Inwoners van Virginia het blykbaar reg in eie hande geneem, nadat ‘n 11-jarige meisie in Stiltepark met ‘n byl vermoor is.
Die meisie, Nthabiseng Motsoaolise, se liggaam is onder ‘n kombers, in ‘n plas bloed aangetref. Polisie-kaptein Stephen Thakeng sê aan Volksblad, die 39-jarige moordverdagte is skynbaar dadelik deur inwoners agterna gesit, voordat hulle hom na bewering vermoor het.
Die polisie ondersoek ‘n dubbele moordsaak, en daar word ook gekyk na ‘n moontlike motief vir die gru-moord op die jong slagoffer. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.