Die Vrystaat is die afgelope naweek weereens deur reuse wegholveldbrande geteister. Smithfield, Steynsrus, Clarens, Senekal en Ventersburg het erg deurgeloop.

Savage Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbestrydingsvereniging, sê die Ventersburg-brand was die grootste.

Dit het oor ‘n afstand van meer as 30 kilometer vanaf sy oorsprong versprei, en het gister omstreeks 3-uur deur die Willem Pretorius-natuurreservaat geruk.

Die totale aardoppervlak wat deur gister se brande geraak is, beslaan nagenoeg 30 000 hektaar.

Die presiese aard en omvang van die skade is nog nie bekend nie.

Vandag se toestande is soortgelyk aan dié van gister.

Daar is dus steeds ‘n uiters hoë brandgevaar, en kommer bestaan dat sekere brande wat gister geblus is, weer kan vlamvat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×