Weerlig is die oorsaak van ‘n brand wat in die Tsitsikamma-deel van die Tuinroete Nasionale Park, in die Wes-Kaap woed. Weens die ontoeganklike terrein noord van die Bloukransbrug, word waterbomme ingespan om die brand te probeer blus.
SABC News berig by monde van SAN-Parke is voorsorgmaatreëls getref om moontlike skade aan eiendom te voorkom, deur te keer dat die brand buite beheer raak. Die brand word as beheerde brand bestempel, en nie as ‘n wegholveldbrand nie.