Van minstens 30 000 hektaar weiveld in die Vrystaat het daar niks oorgebly nie, met talle wegholveldbrande wat sedert Vrydag deur die provinsie
geruk het.

Sterk wind, van tot 70 kilometer per uur, het die verterende vlamme aangeblaas.

Volgens Savage Breytenbach van die Vrystaatse sambreel-brandbeskermingsorganisasie, was al die brande teen vroeg gistermiddag geblus.

Die naweek se brande bring die gekombineerde dele wat tot dusver gedurende die sogenaamde “brandseisoen” in puin gelê is, op meer as 200 000 hektaar te staan.

Boere in die Brandfort-distrik is die swaarste getref.

Verkeerdevlei, Tweespruit, Dealesville, Boshof, Vanstadensrus, Fouriesburg, Zastron en Vredefort het ook nie die vlamtonge vrygespring nie.

Die presiese omvang van die aardoppervlak wat in plekke pikswart is sover as wat die oog kan sien, sal binnekort met behulp van satelliet-data bepaal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×