Polisieduikers en reddingsvaartuie soek op die Potomac-rivier na moontlike oorlewendes ná die botsing tussen ‘n Amerikaanse weermaghelikopter en ‘n passasiersvliegtuig naby die Reagan Nasionale Lughawe buite Washington DC.

‘n Deel van die passasiersvliegtuig is onder die water. Die BBC berig dat daar teen Donderdag laat-oggend, Suid-Afrika tyd, op sowat 18 liggame afgekom is.

Bevestiging is ook deur CNN ontvang dat daar drie bemanningslede op die Black Hawk-helikopter was, wat besig was met ‘n opleidingsvlug, toe die botsing in die lug gebeur het.

Die American Airlines-vlug vanaf Kansas het 60 passasiers en vier bemanningslede aan boord gehad en het gereed gemaak om te land toe die ongeluk gebeur het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×