SANParke vra dat besoekers aan die Krugerwildtuin baie versigtig moet bestuur te midde van swaar reën op plekke – en bedag moet wees op verskeie paaie wat gesluit is.
SABC-nuus berig die owerheid vra dat besoekers veral padtekens moet gehoorsaam waar paaie en brûe gesluity is. Dit volg nadat oorstromings weens swaar reën oor veral die noordelike gedeelte van die park vookom. ‘n Woordvoerder van SANParke sê die Mopani-gebied word die ergste geraak.
Paaie en brûe wat ontoeganklik is, sluit in die pad tussen Mopani en die Phalaborwa-hek en die pad na die Shimuwini-kamp.
SANParke sê hulle hou die situasie dop en sal inligting deurgee namate die toestande verander.