Ongeveer 130 huishoudings is erg geraak deur vloede naby die Vaalrivier in Bloemhof in Noordwes.
Tien sluise van die Vaaldam en sewe van die Bloemhofdam is verlede Vrydag oopgemaak om hoë watervlakke te beheer.
Die Departement van Water en Sanitasie sê twee sluise by die Vaaldam sal Woensdagmiddag geleidelik gesluit word.
SABC News berig ’n gemeenskapsverteenwoordiger, Albert Nel, sê daar is groot nood, en dat hulle daagliks etes aan mense in nood voorsien.
Skenkings soos voedselmandjies en mieliemeel is ook ontvang.
Intussen is die N12 naby die Bloemhof Gholfbaan gedeeltelik gesluit weens oorstroming deur die Vaalrivier.