Rand Water gaan die watervloei begin inkort na munisipaliteite landwyd wat agterstallige skuld het.
Die Ngwathe munisipaliteit in die Vrystaat sal eerste aan die beurt kom waar die watertoevoer met 20% verminder gaan word, weens skuld van R63-miljoen.
SABC-nuus berig verder dieselfde geld vir die Merafong munisipaliteit in Gauteng wat R801-miljoen skuld.
Rand Water se woordvoerder, Makenosi Maroo het bevestig dat daar geen ander keuse is as om ‘n tussenregerings-finansiële dispuut te verklaar nie.