Vlugte by van die land se lughawens – insluitend in Bloemfontein – gaan ontwrig word weens ‘n lugnavigasie-nakomingsoorsigproses wat langer neem as wat aanvanklik verwag is.
Dit sluit in George-, Kimberley-, Mthata- en Polokwane-lughawens. Sommige vlugte na Bloemontein, die OR Tambo Internasionale Lughawe, Kaapstad Internasionaal, Upington, Pietermaritzburg en die Oos-Londen lughawe is ook opgeskort.
Business Tech berig verder vlugoperateurs is in kennis gestel dat landingsprosedure vir alle vlugte na hierdie lughawens, onbepaald opgeskort is, en tans hersien word.