Daar is Maandag vertragings van vlugte by die OR Tambo Internasionale Lughawe.

Luidens ‘n kennisgewing van die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (ACSA) is dit weens brandstof-uitdagings, en dus kan vliegtuie nie soos normaal hervul nie.

Die ACSA voeg by dat tegnici daaraan werk om die situasie so vinnig moontlik op te los, asook dat hulle passasiers op hoogte van enige veranderinge gehou sal word.

Passasiers word aangeraai om hul lugrederye direk vir verdere inligting te kontak. Die jongste verwikelinge kom enkele dae nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens aangekondig het dat die vlieëniersstaking, wat verlede week uitgeroep is, opgeskort is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×