Die vertraging in die goedkeuring van opstyg- en landingsprosedures by sommige van Suid-Afrika se lughawens beïnvloed steeds vlugte soos Suid-Afrikaners die feesseisoen binnegaan.

Primedia berig minister van Vervoer, Barbara Creecy, het reeds in Augustus ‘n beroep op Lugverkeer en Navigasiedienste gedoen om dringend ‘n plan te ontwikkel om gereelde vlugvertragings te hanteer. Terwyl hulle erken dat hulle ‘n aantal instrumentvlugprosedures oor verskeie lughawens moet bywerk, sê Mphilo Dlamini, hoof van korporatiewe sake van Lugverkeer en Navigasiedienste, dat hulle inbeheer is daarvan.

Daar is ‘n aantal redes waarom hulle dit nie kon doen nie, sê Dlamini, een van die grootste redes is ‘n verlies aan kritieke vaardighede. Dlamini noem die lughawens by George, Mthatha en Kimberly onder dié waar kritieke prosedures nog bygewerk moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×