Die algemene vergadering van die Verenigde Nasies het oorweldigend gestem ten gunste van ‘n onmiddellike humanitêre skietstilstand in Gaza. 153 lidlande het gisteraand ten gunste daarvan gestem, 10 daarteen terwyl 23 buite stemming gebly het. Die BBC berig die VSA was een van die tien lande wat teen die voorstel gestem het, terwyl Brittanje een van die 23 lande was wat buite stemming gebly het. Die premiers van Australie, Nieu-Seeland en Kanada het hulle steun uitgespreek vir ‘n volhoubare skietstilstand in Gaza. Die drie lande het in ‘n gesamentlike verklaring gesê dit kan nie ‘n eensydige skietstilstand wees nie. Hamas moet alle gyselaars vrylaat en ophou om Palestynse burgers as menslike skilde te gebruik asook sy wapens neerlê. Luidens die verklaring het die drie lande gesê daar is geen rol vir Hamas in die toekomstige beheer van Gaza nie.