Die Verenigde Nasies het nog drie Afrika-lande by sy malaria-entstof-inisiatief aangesluit. Dit het ten doel om miljoene te beskerm, teen dié dodelike virus wat deur sekere muskiete na die mens oorgedra word.

Malaria is steeds jaarliks die oorsaak van miljoene sterftes, met die meeste lewens wat in Afrika geëis word. Entstof-programme is nou ook in volle swang in Benin, Liberië en Sierra Leone.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×