Die Verenigde Nasies se humanitêre hulpverleningsagentskap, sê Israel weier steeds toegang vir mediesetoerusting, asook toerusting om watertoevoer in die noorde van die
Gasastrook te verseker.
Al Jazeera berig Suid-Afrika se regspan het Israel se beweerde opsetlike weerhouding van water, verskeie kere genoem in sy volksmoordklag teen Israel.
Die Internasionale Hof in Den Haag het gehoor dat Israel se minister van verdediging, op 9 Oktober glo gesê het dat sy beleg van die Gasastrook die weerhouding van water insluit.
Omri Sender internasionale publiekeregkenner, het voor die Hof gesê daar is tans meer vragmotors met humanitêre hulpmiddels in die Gasastrook as wat daar was voordat die oorlog uitgebreek het.
Volgens Sender verskaf Israel ook water en mediesehulp aan mense in die strook.