Die VN se Wêreldvoedselprogram voorspel dat Soedan binnekort die land sal wees met die grootste humanitêre krisister wêreld.
Soedan is sedert April verlede jaar in ‘n oorlog tussen regeringsmagte en ‘n paramilitêre groep gewikkel. Duisende mense is reeds in die konflik dood, en miljoene is uit hulle huise gedwing.
Die VN sê hierdie oorlog hou ‘n reuse bedreiging vir stabiliteit in die Noord-Afrika streek in.