Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, of VN, Antonio Guterres, het vir ‘n onmiddellike skietstilstand in Gaza gevra nadat Israeliese magte Jabilia in die noorde van Gaza gebombardeer het.
Die BBC berig dat Israel nog tienduisende Palestyne aangesê het om die suidelike stad, Rafah te verlaat aangesien hy voortgaan met militêre operasies in die gebied. Dit ten spyte van Amerika en ander bondgenote wat waarsku dat ‘n grondoffensief tot verdere burgelike ongevalle en ‘n humanitêre krisis kan lei. Intussen berig CNN dat verskeie VN-agentskappe binnekort geen voedselhulp in die suide van Gaza gaan oorhê nie.