Vodacom is skuldig beving dat hy sekere bepalings van die wet op verbruikersbeskerming oortree het en is met een-miljoen-rand beboet deur die Nasionale Verbruikers-tribunaal. Volgens eNCA het die tribunaal bevind dit was oneties vir die maatskappy om sy voowaardes en termes op verbruikers af te dwing deur hulle nie toe te laat om vaste-termyn kontrakte te kanselleer nie. Die tribunaal het verskeie klagtes tussen 2020 en 2022 ontvang. Die klaers het gesê hulle moes ‘n 75% kansellasie fooi betaal. Die Nasionale Verbruikerskommissie het die besluit verwelkom om Vodacom te beboet.