Voedselpryse in Suid-Afrika hou aan styg, met sekere spensnoodsaaklikhede wat steeds dubbelsyfer-prysverhogings toon. Dit is volgens die jongste voedselmandjie-data van die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity-groep.
Volgens die groep het sy huishoudelike kosmandjie vir Maart tot vyf-duisend-277 rand en-93 sent gestyg. Dit is ‘n toename van 311-rand-en-72 sent in vergelyking met Maart verlede jaar. Altesaam 19 voedsel items het jaar-tot-jaar dubbelsyfergroei getoon, wat aansienlike stygings weerspieël. Dit sluit onder meer lemoene, eiers, rys, Cremora, suiker, en appelkooskonfyt in.