Voedselpryse in die land het ‘n beduidende wending ten goede geneem. Dit is volgens die jongste huishoudelike bekostigbaarheidsindeks van die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group.
Die groep se indeks het ‘n 1,5% daling in pryse maand-tot-maand getoon, met jaar-tot-jaar pryse wat net 3,9% gestyg het, ver onder wesensinflasie.