Voëlgriep word as een van die redes aangevoer waarom kosprysinflasie in November tot 9% gestyg het.

Eiers kos nou ongeveer 40% meer as ‘n jaar gelede. Netwerk24-beriggewing dui aan dat dit die hoogste sedert Julie vanjaar is.

Volgens Statistieke Suid-Afrika kos gevriesde hoender 9% duurder as ’n jaar vantevore, terwyl individueel-bevrore hoenderstukke se prys die afgelope jaar met net meer as 7% gestyg het.

Vrugte en groente het ook jaar op jaar aansienlik duurder geword. Oorstromings en beurtkrag word as van die faktore uitgelig wat varsproduk-prysee opwaarts druk.

Op 11,5%, staan die inflasiekoers van vrugte op die hoogste in bykans drie jaar.

Die prys van piesangs het die afgelope jaar met amper 30% toegeneem. Groente kos ‘n gemmiddeld van 23,5% duurder as ‘n jaar gelede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×