‘n Reuse skaarste kan die prys van eiers binnekort verder die hoogte in laat skiet.
Minstens 3,5 uit 29 miljoen lê-henne is reeds sedert die begin van die jaar aan voëlgriep dood, óf moes weens die siekte van kant gemaak word.
Die werklike impak op die beskikbaarheid en die prys van eiers word binne die volgende ses tot agt weke verwag.
News24 berig aldus Izaak Breitenbach, hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se braaikuiken-afdeling, sorg die jongste uitbreking sedert Junie, grootskaalse verliese in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en dele van die Vrystaat.
Met die groot voëlgriep-uitbreking in 2017 het sowat 80% van hoenders in die land gevrek.
Die hoogs aansteeklike H7N6-voëlgriep-variant, wat nou onder hoenders maai, het aanvanklik in April in dele van die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal uitgebreek.