Volgens die ANC was die Hooggeregshof in Johannesburg se beslissing teen die appèlaansoek van Ace Magashule die regte een

Volgens die ANC was die  Hooggeregshof in Johannesburg se beslissing teen die appèlaansoek van sy geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule, oor sy skorsing is ‘n bevestiging dat die party se besluit die regte een was en dat die opsystaanreël nie strydig is met enige wetgewing nie.. ‘n Volbank regters het Magashule se aansoek om verlof tot appèl, met koste van die hand gewys. Magashule se aansoek om sy skorsing in Mei ongeldig te verklaar, is ook verwerp. Hy is geskors toe hy geweier het om ingevolge die ANC se opsystaanreël oor strafregtelike aanklagte teen ampsdraers sy kantoor te ontruim. Magashule staan tereg op klagtes van bedrog en korrupsie ten bedrae van meer as 250-miljoen rand in verband met ‘n asbesdak-projek in die Vrystaat tydens sy tyd as premier.

Luister na potgooie hieronder