olgens die DA in die Vrystaat het die ANC staatsbronne vir party-politieke gewin misbruik. Dit volg na die oorhandiging van ‘n huis aan ‘n behoeftige gesin tydens die bekendstelling van die ANC se Letsema-veldtog in April. Die veldtog is deur president Cyril Ramaphosa van stapel gestuur. Die Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering, Mxolisi Dukwana, het in ‘n skriftelike antwoord bevestig dat die huis deur die belastingbetalers betaal is, en nie deur die ANC nie. Die amptelike opposisie het die beweerde misbruik van staatsfondse by die Openbare Beskermer aangemeld. Die DA-leier in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, sê die ANC moet die meer as 130-duisend rand terugbetaal en om verskoning vra vir sy misbruik van staatsgeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×