Volgens die Minister van Polisie, Bheki Cele, sal die geweld in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng na bewering binnekort verby wees

Volgens die Minister van Polisie, Bheki Cele, se terugvoering oor die situasie op voetsoolvlak, sal die geweld in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng na bewering binnekort verby wees en verdere plundering sal verhoed word. Die minister sê hy is bemoedig deurdat polisiebeamptes, in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe, in dele van Gauteng ‘n mate van bestendigheid kon bewerkstellig. Hy is vol vertroue dat die toetrede van die weermag die situasie ook in KwaZulu-Natal sal omkeer. Cele sê hoewel die polisie stadig was om op die situasie te reageer was hulle aan die voorpunt van inhegtenisnemings. Honderde mense is sedert Maandag in Gauteng aangekeer en sowat duisend-400 in KwaZuluNatal.  Meer as 70 mense is ook in die geweld dood. Die Parlement se gesamentlike komitee oor Intelligensie vergader vandag en more in Pretoria te midde van die geweld. 

Luister na potgooie hieronder