Volgens die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke kan Jacob Zuma se weiering om voor die Staatskapingskommissie te verskyn ernstige politieke gevolge vir die land kan inhou

Volgens die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke kan oudpresident Jacob Zuma se weiering om voor die Staatskapingskommissie te verskyn ernstige politieke gevolge vir die land kan inhou. Die Konstitusionele hof het Zuma onlangs beveel om voor die kommissie te verskyn en vrae te beantwoord, maar Zuma hou vol dat hy nie voor die kommissie gaan verskyn nie.  Die woordvoerder van die SARK, Khuthalani Khumalo, sê Zuma se besluit kan geweld aanwakker. Khumalo sê sy hoop dat Zuma ter wille van die land van plan sal verander en die geleentheid sal gebruik om homself te verdedig teen die persepsie dat hy by korrupsie betrokke is.

Luister na potgooie hieronder